Subscribe by Email

België verhoog terreurgereedheidsvlak voor nuwe anti-Moslemfilm

België het sy waaksaamheidsvlak teen terreur van kode 2, na kode 3 verhoog kort voor ‘n nuwe anti-Moslemfiilm uitgereik word. Dit beteken die owerhede beskou die terreurbedreiging in ‘n baie ernstige lig. Die hoogste moontlike gereedheidsvlak is kode 4.

Volgens die voorskoue word Mohammed in die nuwe rolprent wat volgende week begin vertoon, in ‘n swak lig gestel.

Gewelddadige protes het vroeër in Antwerpen uitgebreek na die film, Innocence of the Muslims, op You Tube versprei is. Die verspreiding van die film het in veral Moslemlande tot gewelddadige betogings gelei, waartydens onder andere die Amerikaanse ambassadeur in Libië vermoor is. ‘n Islamitiese hof in Egipte het die vervaardigers van die film, almal uitgeweke Egiptenare, onlangs ter dood veroordeel.

Die vervaardiger van die jongste film, The innocent prophet, is deur ‘n Pakistanse gewese Moslem wat nou in Spanje woon, Imran Firasat, vervaardig.