Subscribe by Email

België: Fiskale gewig verskuif na federale deelstate

Na die staatshervorming wat groter magte aan België se federale struktuur gee, sal die deelstate voortaan ongeveer dubbel soveel van die begroting beheer as die federale staat – mits België se rente op staatskuld buite rekening gelaat word.

Die ondersoek na hoe die nuwe reëling die begroting raak, blyk dit dat die federale staat voortaan net ongeveer 21 % van die begroting sal beheer, waarvan 6 % vir rente op staatskuld afgestaan word. Hierteenoor sal die deelstate saam sowat 30 % beheer.

Dit wil ook voorkom asof Vlaandere op ‘n “wins” bedryf sal kan word, veral na 2020. Wallonië, die Franssprekende deelstaat, sal egter teen ‘n baie groot verlies funksioneer.

België het ‘n baie komplekse federale struktuur, wat veral deur die teenwoordigheid van die hoofstad, Brussel in Vlaandere, gekompliseer word.

Die berekening van hoe die begroting verdeel word, is ‘n komplekse proses wat nie net Vlaandere en Wallonië betrek nie, maar ook Brussel, “gewesten”, gemeenskappe, “gemeenten” (munisipaliteite) en provinsies.

http://www.standaard.be/artikel/detail.aspx?artikelid=DMF20120717_00226549

 

Herman Toerien