Subscribe by Email

Belasting van 800 plase stuig 300%

Pravin+Gordhan+XXXRegstappe teen die regering kan volg nadat die belasting van sowat 800 plase in die Masilonyana munisipale gebied – watBrandfort, Winburg, Theunissen, Verkeerdevlei en Soutpan insluit – gemiddeld met sowat 300-persent verhoog is.

Die voorsitter van die Brandfort-forum, professor Naas Bredenkamp, het aan Volksblad gesê daar is reeds in die verband ’n brief aan die minister van Samewerkende Regering en Tradisionale Sake, Pravin Gordhan, gestuur.

Hy sê die grootste probleem is dat talle plase se ekonomiese voortbestaan in die gedrang kom en dit sal nie net vir die boere ernstige gevolge inhou nie, maar ook vir voedselvoorsiening en die lewensvatbaarheid van talle plattelandse gemeenskappe.