Subscribe by Email

Bekende Wes-Kus musiekman aangekla van seksuele dade met straatkinders

’n Gerespekteerde Wes-kus musiekonderwyser en Afrikaanse musiekopname kunstenaar is op heterdaad gevang deur die polisie waar hy seksuele dade met ’n straatkind uitgevoer het. Hy word aangekla van 15 klagtes waar hy sulke dade met straatkinders aangegaan het.

Die 50 jarige man het in die Hooggeregshof aansoek gedoen om borg, nadat ’n Wes-kus magistraat sy borg geweier het in Maartmaand vanjaar.

Volgens getuienisse in sy borgaansoek is hy op heterdaad betrap die 15de Februarie 2010 toe hy besig was met seksuele dade met ’n straatkind op ’n verlate Weskus pad. ’n Gemeenskapswerker van Heavenly Promises, ’n projek wat straatkinders ondersteun, het die polisie na bewering ’n leidraad gegee dat hy ’n jong seun by hom in die motor het. Die man het eers weggejaag vir die polisie, met die seun nog in die motor, waarna die polisie hom gearresteer het met sy broek se gulp oopgetrek en vol nat kolle.

Hy word aangekla vir 6 klagtes van seksuele aanranding van kinders, 5 klagtes van seksuele uitbuiting van kinders, een klag van verkragting van ’n kind en drie aanklagte van die betaling van kinders vir seks. Op sy rekenaar is ook 3500 foto’s gevind van kinderpornografie.

Hy is op baie streng borgtogvoorwaardes vir R 5000.00 borgtog vrygelaat deur Regter John Hlophe en hy is 24 uur per dag onder huisarres in ’n kamer wat hy huur in Koekenaap, omdat hy nie by sy eie huis mag woon, waar hy self nog jong kinders het nie.