Subscribe by Email

Bekamping van renosterstroop

AfriForum stel volgende week ʼn navorsingsverslag bekend wat wetwysigings gaan voorstel wat daartoe kan bydrae dat renosterstropery meer doeltreffend beveg kan word. Die verslag word uitgereik in die lig daarvan dat sowat 448 renosters gedurende 2011 gestroop is. Hierdie getal oorskry die vorige jaar, 2010, se rekordgetal van 333.

Volgens Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, moet hierdie kwessie as kritiek beskou word. “Die skokkende rekord van 2010 is gedurende 2011 met ʼn bykomende 115 gestroopte renosters gebreek. Daar is ook ʼn vermoede dat dié getal nie akkuraat is nie vanweë aantygings van onwettige trofeejagaktiwiteite” volgens Kleynhans.

Die Nasionale Parkeraad het gister aangekondig dat agt karkasse van gestroopte renosters wat deur patrollies in die Nasionale Krugerwildtuin opgespoor is. “Hierdie toedrag van sake is totaal onaanvaarbaar en ons mag nie toelaat dat stropery verder toeneem nie. Dit is tyd dat planne in werking gestel word en vinnig,” het Kleynhans gesê.

Meer inligting oor die bekendstelling van die verslag sal Maandag, 16 Januarie uitgereik word.