Subscribe by Email

Bejaarde lang vingers

In Nederland is amper die helfte van die skade wat winkeliers deur interne bedrog, rooftogte, inbrake en onluste ly, te danke aan winkeldiewe. Kopers met lang vingers dra jaarliks sowat 340 Euro’s se items weg wat gegaps is. Altesaam 33 000 mense is in hegtenis geneem.

‘n Ondersoek het aan die lig gebring dat een uit elke elf winkeldiewe ouer as 55 jaar is. Driekwart van die diewe is ouer as agtien jaar.

‘n Interessante feit is dat die meeste winkeldiewe manlik is, maar dat die posisie onder die jonges omgekeerd is.

Bron – Trouw

Herman Toerien