Subscribe by Email

Beeld berig foutiewe feite oor Theuns Jordaan diefstal

Foto Internet

Die berigte in Beeld en Die Burger vanoggend wat handel oor die diefstal van Theuns Jordaan se motor en klere, bevat volgens die tydskrif Sarie, vele feite foute. In Sarie lees ons: “Volgens ‘n persvrystelling wat vanoggend uitgereik is, was daar verskeie feitefoute in die artikel oor Theuns Jordaan en die voorval Saterdagaand in Nelspruit toe sy motor gesteel is.”

Die berig in die koerante beweer Theuns het in iemand anders se kamer gekuier, ten tyde van die diefstal, terwyl Jordaan heeltyd in sy eie kamer was. Dit is ook nie Jordaan se selfoon en beursie wat gesteel is nie.

“Die inligting in die artikel wat in Beeld en Die Burger verskyn het, is grotendeels nie waar nie,“ sê Theuns. “Alles is uit Jacques se kamer gesteel en ek was die hele tyd in my eie kamer. Ek waardeer die ondersteuning van die eienaars van die gastehuis asook die SAPD vir die hantering van die saak. Dit is net jammer dat die artikel wat verskyn het `n heel ander prentjie skets as wat die ware feite is.“

Lees hier wat eintlik gebeur het.

4 Responses to Beeld berig foutiewe feite oor Theuns Jordaan diefstal

  1. Herman Badenhorst

    Mei 20, 2014 at 5:53 pm

    Ja dit is maar bitter selde dat die Beeld die feite korrek weergee. Hulle verdraai alles om die storie sensasie te gee. Mens moet alles wat hulle se met n knippie sout vat.

  2. J van der Merwe

    Maart 4, 2014 at 9:16 am

    Mooi gesê, Theuns, mooi gesê. Die media moet maar versigting wees vir gulsigheid deur als wat voorkom te publiseer.

  3. ansa

    November 8, 2013 at 11:08 am

    los theuns uit hy is ‘n goeie mens en een van ons beste afrikaanse sangers.

    Dagvaar hulle Theuns

  4. ria dreyer

    Oktober 29, 2013 at 9:12 am

    Wil net weet mense so vinnig om te praat. Maar sover ek weet was Theuns Jordaan saterdag aand in Vredendal met die Namaqwa fees