Subscribe by Email

Batteryhenne se dae getel

Van gister af mag daar amptelik in Europa nie meer klassieke batteryhenne wees nie.

‘n Europese verbod op henne wat elk ‘n spasie van kleiner as ‘n A4 opneem, is reeds in 1999 geformuleer, maar in België is vasgeskop en uitstel en uitstel gereël – tot gister.

Nie alle boere het betyds omgeskakel nie, en eiers wat nog van klassieke batterye kom, sal as ongeskik vir menslike gebruik geklassifiseer word.

Baie boere het ook hul batterye omgeskakel om in plaas van ruimte van minder as A-4, ruimte van net meer as ‘n A-4 te laat. Ook vir hulle het die owerhede nie simpatie nie, omdat die Europese riglyne al lank bekend was.

Foto: VUM, Batteryhenne met elke ‘n spasie van minder as ‘n A-4

Herman Toerien