Subscribe by Email

Bankkaarte gekloon

cec’n Kelnerin by ’n sushi-restaurant in Seepunt, Kaapstad, is in die handelmisdaadhof in Bellville tot 15 maande tronkstraf of ‘n boete van 50-duisend rand gevonnis omdat sy drie kliënte se bankkaarte gekloon het.

Die 28-jarige Cecelia Masuku, wat ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het, is ook deur landdros Sabrina Sonnenberg verdere vonnisse van 18 maande tronkstraf of ’n boete van 60-duisend rand en nege maande tronkstraf of ’n boete van 30-duisend rand weens oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies opgelê.

Dié vonnisse is albei vir vyf jaar opgeskort.