Subscribe by Email

Baie spesiale oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis van baan- en veld-atletiek.

 

160815Niekerk-jpgDie minister van Sport, Fikile Mbalula, sê Wayde van Niekerk se verowering van die goue medalje in die 400 meter op die Olimpiese Spele en boonop in ‘n nuwe wêreldrekordtyd, was ‘n baie spesiale oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis van baan- en veld-atletiek. Hy sê die atleet se prestasie het die land op die wêreldkaart geplaas en hy glo dit sal lei tot nog medaljes vir Suid-Afrika in Rio. Mbalula sê dit is ‘n baie trotse oomblik vir die hele land.