Subscribe by Email

Baie skatte by Maropeng

Vele paleontologiese en argeologiese skatte by die Maropeng, die Wieg van die Mensdom met sy 13 aktiewe opgrawingsterreine, wag nog om ontdek te word.

So ui Maropeng se jongste nuusbrief.

Dié Augustus vind daar weer verskeie van die gewilde staptogte op die terrein plaas, met die eerste, die Coopersgrotstap op 4 Augustus.

Besoekers kan nou, as deel van Wits se 90ste bestaansjaar  ‘n voorsmakie kry van wag deur die uitstalling by Maropeng te besoek wat onlangs deur Bruce Rubige geopen is. Die uitstalling handel oor fossiele uit die Karookom-tydperk wat van sowat 300 miljoen jaar gelede tot 180 miljoen jaar geduur het.

Die fossiele wat by die uitstalling  te siene is, is Erythrosuchus, ‘n krokodilagtige reptiel, Gorgonopsia, ‘n vleisetende soogdieragtige reptiel, Massospondylus, ‘n vroeë dinosourus, Dicynodont, ‘n plantetende soogdieragtige reptiel, Antetonitrus, ‘n groot vroeë dinosourus soortgelyk aan die Brontosaurus en Therocephalia, ‘n vleisetende soogdieragtige reptiel.

Kyk die video van Rubidge se beskrywing van Suid-Afrika se fossiele.

 

Herman Toerien