Subscribe by Email

Baie mans kla oor geslagsdiskriminasie

Amper die helfte van die persone wat oor geslagsdiskriminasie by die Belgiese Instituut vir Gelykheid vir Vroue en Mans gekla het, was mans, blyk uit die instituut se jongste jaarverslag.

Die aantal klagtes het in 2011 met 47 persent teenoor die vorige jaar toegeneem. Tog het die instituut bevind daar word bykans twee keer so dikwels teen vroue as mans op grond van hul geslag by die werk gediskrimineer. Andersins ervaar mans en vroue min of meer ewe veel geslagsdiskriminasie.

Verpesting oor onwilligheid om swanger te word, oor geslag en oor transseksualiteit het sesvoudig toegeneem.

De Standaard

Herman Toerien