Subscribe by Email

Baie joernaliste sterf in 2011

“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) bring hulde aan die joernaliste wat hul lewens vanjaar in die uitvoering van hul pligte verloor het, of op ander wyses aan vervolging blootgestel is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

(Die jongste syfers wat deur Verslaggewers Sonder grense bekend gemaak is, is hieronder geplak).

“Dit onderstreep eenvoudig dat Suid-Afrikaners alles redelik in hul vermoë moet doen om mediavryheid en hul reg om ingelig te wees, te beskerm. ‘n Swak ingeligte burgery maak immers ‘n klug van die demokrasie.

“Ongelukkig was daar ook verskeie voorvalle in ons land waar joernaliste die teikens was, meestal tydens ANC-verwante aangeleenthede. So is joernaliste tydens Julius Malema se eerste verskyning by sy dissiplinêre verhoor onder die klippe gesteek, en is ‘n joernalis tydens die ANC se Limpopo-kongres aangerand. En wie kan vergeet hoe Malema ‘n BBC-joernalis op ‘n vulgêre wyse uitgeskel het – iets wat die land reeds vyf plekke op die persvryheidsindeks gekos het.

“Suid-Afrika gaan bykans seker verder terugsak wanneer die nuutste persvryheidsindeks bekend gemaak word – ‘n indeks waarop Suid-Afrika reeds nie die mees persvrye land in Afrika is nie. Die wetontwerp op die beskerming van staatsinligting sal hierin die leeue-aandeel hê.

En nou het die ANC boonop besluit om ‘n firma te kontrakteer om sekere media en joernaliste te moniteer – iets wat duidelik ten doel het om joernaliste te intimideer om vrylik te rapporteer.”

Theunis Botha 0836572482

2011 in figures:
66 journalists killed (16% more than in 2010)
1,044 journalists arrested
1,959 journalists physically attacked or threatened
499 media censored
71 journalists kidnapped
73 journalists fled their country
5 netizens killed
199 bloggers and netizens arrested
62 bloggers and netizens physically attacked
68 countries subject to Internet censorship