Subscribe by Email

Baie in Japan nog afgesny van buitewêreld na swaar reën

Sowat 5 500 mense in die Suidweste van Japan was gisteroggend nog van die res van die land afgesny nadat, soos berig is, ‘n “enorme” hoeveelheid reën Saterdag in die gebied geval het. Altesaam 22 mense het in die reën en gevolglike grondverskuiwings omgekom. Die grondverskuiwings en bome wat omgeval het, het paaie onbegaanbaar gemaak.

Oues en siekes word per helikopter na hospitale geneem.

          De Standaard

          Foto: EPA

 

 

Herman Toerien