Subscribe by Email

Baie geboorteafwykings in Irak na oorlog

‘n Nuwe studie bevestig wat dokters in Irak al lank beweer – daar is al jare ‘n buitengewoon groot aantal geboorte-afwykings in dié land.

Volgens ‘n studie wat in die Bulletin of Environmental Contamination and Toxicology gepubliseer is, meen die dokters in Basra in die suide was daar tussen 2003 en 2009 ‘n verdubbeling van die aantal babas met geboorte-afwykings, terwyl in Falluja is meer as die helfte van die kinders met geboorteafwykings gebore is. In 2000, voor die Amerikaans-geleide inval, was dit slegs twee persent.

In die ondersoek onder 56 gesinne is vasgestel dat daar by sommiges ongewone hoë vlakke van lood en kwik in hul hare voorkom.

Die vermoede is dat daar ‘n soortgelyke voorkoms in ander stede is waar daar hewig geveg is.

Lood en kwik kom veral in die ammunisie van klein wapens voor, maar kom soms ook in ander wapens voor wat in bombardemente gebruik word.

Die ondersoekspan meen die probleem sal voortduur solank as wat dit neem om die omgewing van die skadelike stowwe skoon te maak. Intensiewe studies sal van waterbronne, lug. Kos en die grond gedoen moet word om die bronne van besoedeling vas te stel.

Foto: Reuters – Kinders in Bagdad

Herman Toerien