Subscribe by Email

Baie Amerikaanse steroïdepasiente vrees breinvliesontsteking

Sowat 14 000 Amerikaners is gewaarsku om op te let vir die simptome van breinvliesontsteking na hulle steroïdeinspuitings teen chroniese rug- en nekpyn ontvang het. Altesaam 24 Amerikaners dwars oor die land het reeds gesterf en meer as 300 het siek geword na hulle inspuitings ontvang het wat met ‘n fungus besmet is.

Dit het tot ‘n skaars en moeilik behandelbare vorm van meningitis by baie pasiënte gelei, terwyl nog in spanning wag omdat dit soms tot maande kan neem voor die simptome merkbaar toeslaan.

Die besmetting is na ‘n aanleg in Massachusetts teruggespoor van waar dit na 23 deelstate, waaronder Kalifornië versprei is. ‘n Ondersoek het skokkende praktyke en higiëniese toestande by die aanleg aangetref.

Foto van toetsmonster, Foto, AP

 

 

Herman Toerien