Subscribe by Email

Bafana Bafana op pad na Kongo

Siyabonga-Nhlapo-284x400

Siyabonga Nhlapo, die middelvelspeler van Wits, sal  by Bafana Bafana aan sluit waaneer hulle teen die twee kwalifiseerende wedstryde die naweek en volgende nawwek teen die Kongo-Brazzaville span te staan kom.

Dit volg nadat Anele Ngcongca van Racing Genk vandeesweek  uit België laat weet het hy kan weens sy kniebesering nie meer kom nie.

Ajax Cape Town se Ayabuleta Magqwaka het hom vroeëer ook aan die groep onttrek en die afrigter van Bafana Bafana, Shakes Mashaba het met dié tweede ontrekking besluit om Nhlapo te laat kom.

Suid-Afrika het tot dusver nog nie ‘n doel ter kwalifisering vir aanstaande jaar se Afrikabeker-toernooi afgestaan nie.

Die doelwagter Senzo Meyiwa dink ook nie daar sal me Ngcongca se ontrekking enige verdedigingsprobleme ontstaan nie.