Subscribe by Email

Bafana Bafana nog bo-aan punteleer van Groep A

Bashakes mashaba

Bafana Bafana se afrigter, Shakes Mashaba sê sy span is nog in `n goeie posisie om vir die Afrika Beker-toernooi te kwalifiseer.

Bafana het gisteraand by die Peter Mokaba-stadion in Polokwane `n gulde geleentheid verspeel om vir die toernooi te kwalifiseer.

Hulle het teen die Republiek van die Kongo gelykop gespeel nadat geen doel aangeteken is nie. Reën het reeds in die eerste helfte begin uitsak, maar dit het tydens rustyd al hoe harder begin val en dwarsdeur die tweede helfte uitgesak.  Dit het toestande vir die spelers moeilik gemaak en Mashaba het by tye erg gefrustreerd gelyk waar hy spel in die reën van langs die kantlyn moes aanskou,.

Bafana het nog nie ‘n enkele doel in sy vier kwalifiserende wedstryde afgestaan nie en is nog bo-aan die punteleer in Groep A met net twee wedstryde oor om in te kwalifiseer.