Subscribe by Email

Baba Marzaan se aanvaller in Mosambiek vasgetrek

Volgens die polisie is die derde man wat glo in die aanval op baba-Marzaan Kruger  betrokke was in hegtenis geneem. Die 28-jarige Chakhoma Machaba is met die hulp van Interpol en polisie van Mosambiek in hegtenis geneem in Mosambiek.

Speurders sal binnekort na Mosambiek vertrek om hul ondersoeke daar voort te sit en te bevestig dat dit wel Machaba is wat aangekeer is. Tans is daar geen uitleweringsverdrag tussen Suid-Afrika en Mosambiek nie.

Twee mans, Nelson Maphosa, 25, en Gerald Nyantumbo, 28, is ‘n paar dae ná die aanval in hegtenis geneem en sal na verwagting Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. – Sapa