Subscribe by Email

AWB antwoord media se vrae voor Terre’Blanche se begrafnis

In ’n nuuskonferensie wat die AWB woordvoerder, Andre Visagie aan ’n groot groep buitelandse joernaliste 2 ure voor Eugene Terre’Blanche se begrafnis gese het, was dat die AWB vanaf volgende week gaan begin met onderhandelings met die ANC-regering oor hulle selfbeskikking.

Hy sê dat die AWB gaan aandring op beskerming vir die boere wat so uitgemoor word op plase. “Ons het genoeg gehad. Ons wil ons self regeer. Ons het ons eie kultuur en ons eie taal.”

Visagie het gese, dat as hulle nie deur onderhandeling met die regering kan kry wat hulle wil hê nie, sal geweld hulle laaste uitweg wees. “Ons sal eerstens vreedsame onderhandelinge met die regering  probeer. As ons nie tevrede is nie sal ons na ons nasie draai en ‘n besluit neem. Geweld is werklik ons laaste uitweg,” het hy gesê.

Op ’n vraag van ’n Franse joernalis of die sokkerwêreldbeker toeriste in gevaar sal wees as hulle na Suid-Afrika toe kom, het Visagie geantwoord dat hulle beslis moet bekommerd wees oor hulle veiligheid, aangesien die regering nie eers in staat is om die land se eie inwoners te beskerm nie. “Hulle kan na Suid-Afrika kom, maar hulle moet versigtig wees. Die plaaslike regering kan nie eers hulle eie mense beskerm nie,”