“Author Archive”
Stories written by Verslaggewer

AfriForum het die nuus verwelkom dat die omstrede lied, “Skiet die Boer”, vandag tot haatspraak verklaar is. “AfriForum is verheug oor die uitspraak. Dit stuur ‘n duidelike boodskap aan Malema uit dat hy nie verhewe bo die reg is nie en dat hy nie kan maak soos hy wil en polarisasie saai soos hy wil [...]
11:16 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

LUZAAN VAN DER WESTHUIZEN Die alombekende grapjas akteur, Eddie Murphy, is pas as die aanbieder van die 84ste Academy Awards, beter bekend as die Oscars, aangekondig. Die uithang geleentheid, vind op 26 Februarie 2012 plaas. Die eerste Academy Awards seremonie het op 6 Mei 1929 plaasgevind en tot op hede is daar al ‘n indrukwekkende [...]
8:40 am | Posted in Vermaak | Lees Verder »

AfriForum se nuwe omgewingsafdeling het ʼn dokument vrygestel wat die omvangbepalingsverslag van die myngroep Sylvania Platinum Limited rakende die voorgestelde ontwikkeling van ʼn platinum-myn in die Nylrivier in die Mokopane-distrik, Limpopo, teenstaan. Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, is die Nylrivier ʼn hoogs beskermde vleilandgebied. “Hierdie vleiland is in ʼn Ramsar-gebied, dus vleilande [...]
9:46 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

LUZAAN VAN DER WESTHUIZEN Lang verwagte rolprente en A-klas akteurs sal vir die 68ste keer by die wêreld se oudste rolprent fees verwelkom word. Venesië sal vir die volgende 11 dae onafhanklike rolprente se tuiste wees. Verskeie rolprente sal hul wêreld-première by die fees afskop. Dit sluit rolprente in met onder andere George Clooney (in [...]
6:19 am | Posted in Vermaak | Lees Verder »

Die ANC-leierskap in die Oos-Kaap sal na verwagting streng optree teen die lede van die ANC Jeugliga in die provinsie wat deel was van die geweld wat gister by Luthuli-huis in Johannesburg uitgebreek het. Lede van die ANC Jeugliga in die Oos-Kaap was deel van ANC takke landwyd wat gister na Johannesburg gereis het om [...]
10:36 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Mercedes se SLK het sedert sy bekendstelling in 1997 reeds meer as 500,000 eenhede wereldwyd verkoop. Dit ten spyte daarvan dat die SLK altyd probeer het om sy groter, duurder en meer begeerlike boeties na te aap wat voorkoms betref. Met die aanvanklike steelfoto’s bykans 15 jaar gelede, was dit duidelik dat die SLK soort [...]
6:27 am | Posted in Motornuus | Lees Verder »

Alle oë is vandag op Luthuli-huis in Johannesburg, waar die president van die ANC Jeugliga, Julius Malema voor ‘n ANC dissiplinêre komitee sal verskyn. Malema verskyn saam met ander leiers in die jeugliga op aanklagte dat hulle die party in onguns gebring het. Ondersteuners van die ANC-Jeugliga in Polokwane, Limpopo het ‘n SAUK-verslaggewer en ‘n [...]
6:21 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

LUZAAN VAN DER WESTHUIZEN Die bekende Britse alternatiewe rock groep, Coldplay, se eerste Suid-Afrikaanse toer skop op 5 Oktober in Kaapstad af. Suid-Afrika se top promotor, Big Concerts, probeer al vir die afgelope tien jaar om die groep na Suid-Afrika te lok. Die introspektiewe pop-rock groep het internasionale sukses behaal met die vrystelling van die [...]
6:20 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Vermaak | Lees Verder »

Sedert die eerste steelfotos van die BMW 1-reeks se M-weergawe aan die wêreld gelek is, het bewonderaars van M-karre, petrolkoppe en motor entoesiaste hulle lippe afgelek. BMW Suid Afrika het so pas die opgeknapte 1-reeks in die Kaap bekendgestel en onder hulle was ‘n kabriolet weergawe asook die jongste weergawe van ‘n BMW wat die [...]
6:21 am | Posted in Motornuus | Lees Verder »

Die dissiplinêre verhoor wat ANC-Jeugleier Julius Malema in die gesig staar is te verwelkom, alhoewel die redes daarvoor gebrekkig voorkom. TLU SA se president, mnr. Ben Marais sê dat Malema se uitlatings oor ‘n gewenste regeringsverandering in Botswana waarskynlik die minste is van sy uitsprake en dat dit die land nie benadeel het nie. “Sy [...]
2:57 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »