“Author Archive”
Stories written by Verslaggewer

Die nie-winsgewende organisasie, LOMA, ‘n behoorlike geregistreerde Artikel 21 maatskappy, sorg gereeld dat minder bevoorregte mense in nood vinnig en effektief gehelp word. LOMA is die afkorting vir “Lig op my Akker” en beteken ook “rots wat uitstaan.” Daar is ‘n baie aktiewe groep van LOMA ook op Facebook, waar mense in nood hulle behoeftes [...]
7:44 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

“Die ANC-regering se vertraging met die uitreik van ‘n visum aan die Dalai Lama om Suid-Afrika hierdie week te besoek, is kwaadwillig en tekenend van staatsdepartemente se onbevoegdheid. Dit is nie standaard praktyk om meer as 14 dae te neem met die uitreik van ‘n visum aan ‘n prominente figuur soos die Dalai Lama nie. Politieke [...]
4:42 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Dit is nou ongeveer ’n jaar sedert TLU SA en die Georgiese regering die samwerkingsooreenkoms onderteken het. Heelwat skakeling het in die tydperk plaasgevind, veral op die landbougebied. Die visie van hul regering om hul land ’n saakmakende rolspeler in die weste te kan maak verg ’n verbetering van hul vermoë om in Engels te [...]
4:38 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die ANC se buitelandse standpunt oor menseregte en selfbeskikking raak al meer dubbelslagtig, oneerlik en verwarrend. Sover dit die Palestyne betref het die ANC sy steun vir die Palestynse aansoek om in die VN as ‘n onafhanklike staat toegelaat te word gegee, omdat die Palestyne geregtig is op selfbeskikking. As dit egter oor Tibet se [...]
11:48 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die VF Plus, COPE, ACDP, DA en ID in die Gautengse Wetgewer is gereed om swaarde te kruis met die vervoerdepartement volgende week oor die eensydige implementering van die uitermatige hoë tolhektariewe. Na afloop van ‘n uitgebreide konsultasieproses het die veelparty-opposisie gister hul planne vir voortslepende massa-aksie om die tol tariewe in die Gautengse [...]
2:14 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die VF Plus vind dit jammer dat die onaangename “Skiet-die-Boer” saak vir nog etlike maande gaan voortsloer. Dit is baie sleg vir verhoudinge in Suid-Afrika en skep ’n mynveld vir moontlike verdere rassisme in ’n tyd wat ons dit nie kan bekostig nie. Vinnige duidelikheid oor hoe ver vryheid van spraak strek, wat haatspraak is [...]
1:06 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

AfriForum se regspan is gereed en sien daarna uit om die gelykheidshof se bevinding dat die “Skiet die Boer”-lied haatspraak is, in die appèlhof en selfs die grondwetlike hof te verdedig. Dít kom nadat verlof tot appèl vandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof aan die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, en die ANC toegestaan is. AfriForum het [...]
11:45 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die ANC se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn uitspraak dat die “Skiet die Boer”-lied haatspraak is, gaan vandag om 09:30 in die Suid-Gautengse hooggeregshof aangehoor word, het die burgerregte-organisasie AfriForum gesê. Die ANC en ANC-jeugliga het gesê hulle gaan aansoek om verlof doen om die interdik te appelleer omdat dit ʼn verwysing na [...]
7:29 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

AfriForum Jeug het vandag skoolhoofde, leerlinge en ouers uitgenooi om klagtes omtrent die swak gehalte van Gr.12-vraestelle op AfriForum Jeug se webblad, www.afriforumjeug.co.za, te rapporteer. AfriForum Jeug het ook vandag ’n griefskrif in hierdie verband by Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, ingedien en het onderneem om elke klag wat deur lede van die publiek by [...]
6:43 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die talentvolle komediant Shimmy Isaacs het Suidoosterfees-gehore vanjaar laat kraai van die lag met haar eenvrou-komediestuk Allie Pad Funny Worcester. Met reeds ’n wenslag by die 2010 Ikhewzi-fees, het Shimmy vanjaar nog ’n eerbewys ingeoes toe sy as die Klein Karoo Nasionale Kunstefees se Kanna Slurpie-wenner vir ”Howzit my Bra” aangewys is. Dié produksie met [...]
7:22 am | Posted in Nuus,Vermaak | Lees Verder »