“Author Archive”
Stories written by Raymond

Nog waarskuwings vir swaar reën vandag

weather

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het nog swaar reën vir vandag in vier provinsies voorspel. Inwoners van Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noord-Wes word aangeraai om op hulle hoede te wees, nadat swaar reën tot oorstromings in verskeie gebiede gelei het. Die oorstromings het sedert die middel van Desember reeds 40 lewens geëis. Agt-en-twintig munisipaliteite in sewe provinsies [...]

5:18 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »

Herman Holtzhausen, die Transkaroo man, kan moontlik sy been verloor

Herman Holtzhausen

Herman Holtzhausen, die legendariese immergroen sanger en liedjieskrywer wat veral bekendheid verwerf het vir sy trefferliedjie Transkaroo in die tagtiger jare, het in werklikheid daardie tyd al ook die loslappie waarmee Kurt Darren sy bekendheid verwerf het, ontdek. En nou moet die man hospitaal toe om amptelik die loslappie aan Darren te kan skenk. Eintlik [...]

7:27 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Vermaak | Lees Verder »

Shosoloza Meyl voorsien nie drinkwater aan reisigers nie

shosholoza_meyl

Meneer Jan Sheppard het aan Koerant geskryf rakende sy ondervinding in die versengende Kaapse hitte op die Shosoloza Meyl treindiens: “Ek het gister in die Shosoloza Meyl gerys wat eers 20.00 in Kaapstad aangekom het in plaas van 13.30. Op Beaufort-Wes kon hulle nie water kry nie. Die toilette kon nie eers spoel nie. ‘n [...]

8:24 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Waar is jy oujaar/nuwejaar? Koerant soek jou foto’s!

nuwejaar2011

Die stad Kaapstad het tien plekke uitgewys waar vuurwerke op Oujaarsaand geskiet kan word. ‘n Woordvoerder van die stad se rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes sê dit sal dit veiliger maak en ook help om beter beheer daaroor te hê. Volgens hom sal die polisie op al die toegewysde areas aan diens wees. Die Dierebeskermingsvereniging het ‘n [...]

5:25 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

5 Verdrinkings tot dusvêr aan die kus en binneland

drowning

Vier mense het reeds sedert die begin van die vakansie aan die kus verdrink, maar ook in die binneland is minstens een persoon ook dood aan verdrinking. ‘n Dertigjarige man het in ‘n dam op ‘n kleinhoewe in Pretoria verdrink. ‘n Woordvoerder van ER-24, Vanessa Jackson sê die man en sy vriend het in die [...]

5:05 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Koerant.com span bietjie uit en stop die “traffic”

stopdietraffick

Namens almal betrokke by Koerant.com bedank ons al ons lesers die afgelope jaar vir jul ondersteuning. Ons gaan bietjie uitspan tot na Kersfees, en sal dus eers weer nuus aan julle bring vanaf 27 Desember 2010. Ons wens aan elkeen hierdie feestyd ‘n genotvolle tydperk toe, en as jy op vakansie is, bestuur nugter, bestuur [...]

5:48 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Casper de Vries het besluit om skoon te speel en tel nou sy woorde

vettie_vettie

Bekende komediant, Casper de Vries, het besluit om skoon te speel. De Vries, wat bekend is vir sy “kragdadige” woordjies op die verhoog, het die rol van Henri in die komedie Vettie! Vettie! aanvaar wat vanaf Januarie 2011 op die verhoog gesien kan word. Dit sal die eerste keer wees in 19 jaar wat hy [...]

5:48 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Vermaak | Lees Verder »

Nuusbrokkies: 3 Desember 2010

Lede van die publiek is gevra om gebottelde water aan inwoners van Beaufort-Wes te skenk wat deur een van die ergste droogtes in die Sentraal Karoo getref is. Damme in die omgewing is op hulle laagste vlak in die geskiedenis en watervoorsiening word streng gerantsoeneer. ‘n Woordvoerder van Agri Wes-Kaap, Porchia Adams het vakansiegangers wat [...]

1:53 pm | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »

Esmaré Weideman van Huisgenoot was oneerlik, sê regters in uitspraak

Jurie Els en sy gesin

Eyewitness News berig vanoggend dat daar nog geen kommentaar vanaf Esmaré Weideman verkry kon word, nadat sy gister, saam met Media24 skuldig bevind was aan minagting van die hof. Versoeke vir kommentaar op die hofuitspraak vanaf Koerant bly ook onbeantwoord. Volksblad berig egter dat Weideman en mnr. Willem Breytenbach, uitgewer: Media24-gesinstydskifte, in ’n gesamentlike verklaring [...]

7:14 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Esmaré Weideman van Huisgenoot skuldig bevind aan minagting van die hof

Esmare Weidemann

Die sanger Jurie Els het sy saak teen Esmaré Weideman, die hoofredakteur van die tydskrifte Huisgenoot, You en Drum, en Media24, in die Appèlhof in Bloemfontein gewen. Weideman was redakteur van die drie tydskrifte toe ‘n artikel in 2008 gepubliseer is waarin die jong sanger Robbie Klay uitvoerig vertel het hoe Els hom na bewering [...]

1:10 pm | Posted in Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Recently Commented

  • lj oelofse: Goeie Dag my storie is n baie lang een. ek het Nov 2011 aansoek gedoen vir skuldberading. R50.00 bet.My...
  • soon: waar kan ek kontak maak om tehelp of deel tewees van die beveg teen die stropers? enige iemand wat my kan help...
  • Gert Kruger: VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO) TEL/FAKS (012) 653-176 3 Mei ’06 ————...
  • Herman: Baie, baie dankie. Ek waardeer dit. Herman
  • Johan: Aan Herman Toerien ‘n Woord van besondere gelukwense oor jou besondere gebalanseerde inskatting van die...
  • Herman: Baie dankie Herman v R. Openheid het ook elders op die Net deel vd gesprek geword, en daar word op die...