Subscribe by Email

Australië wen die driehoekige krieketreeks op die Karibiese Eilande

steveAustralië het die driehoekige eendagreeks op die Karibiese Eilande gewen deur die gasheer met 58 lopies te verslaan in die eindstryd in Barbados. Die Aussies het in hulle vyftig boulbeurte 270 vir nege aangeteken en die Wes-Indiese Eilande daarna uitgeboul vir 212. Suid-Afrika kon net twee van sy ses wedstryde in die reeks wen.