Subscribe by Email

Australië steur spesiale magte na Irak!

australian-military

Sydney (Reuters) – Tony Abbott het op ‘n nuuskonferensie bevestig dat die Australiese kabinet Vrydag goedkeuring verleen het  vir die ontplooiing van spesiale magte in Irak en vir lugaanvalle op militante van die Islamitiese Staat (IS) in daardie land.

Volgengs Abbot word dit nie voorsien dat die spesiale magte direk by gevegte betrek sal word nie maar sal wel  Irak se magte met die beplanning en koördineering van operasies bystaan.

Australiese vliegtuie het die afgelope week ondersteuningsvlugte saam met die lugmagte van ander koalisielande oor Irak uitgevoer.

Australië kan agt F/A-18F Super Hornets ‘n E-7A Wedgetail en ‘n KC-30A van Al Minhad Lugbase ontplooi in ‘n aanvalsrol teen IS-militante.

Turkye se parlement  het intussen toestemming verleen aan sy regering om militêre operasies in Sirië en Irak uit te voer en het goedkeuring aan buitelandse magte verleen om Turkse grondgebied teen IS te gebruik.  Die besluit is geneem terwyl ‘n hewige aanslag deur IS op die Siriese dorp Kobani, ook bekend as Ayn Arab, aan die Turkse grens uitgevoer het.

As gevolg van dié aanval die afgelope week het sowat 160 000 Siriërs oor die grens na Turkye gevlug.

Turkye sal waarskynlik onder meer oorweeg om vliegtuie van die koalisielande toe te laat om die lugmagbasis in Incirlik, sowat 16okm vanaf die grens met Sirië vir operasies teen IS te gebruik.