Subscribe by Email

Australië se groot rif bedreig

Unesco het onlangs aangekondig dat oorweeg word om Australië se Great Barrier Reef van wêrederfenisgebied tot bedreigde erfenisgebied te herklassifiseer.

Die warmerwordende oseaan, maar veral die toenemende suurgehalte van die see is baie skadelik vir die koraal. Oor dieselfde tyd as wat die water ‘n halfgraad warmer geword het, het die see se suurvlak met tussen 25 en 30 persent toegeneem.

Boonop het die seesterbevolking van ‘n tipe wat koraal vreet, skerp toegeneem.

Die seewater word veral deur die steenkoolmyne en vervoer van steenkool besoedel, met die gevolg dat die koraal sedert die 60-gerjare met 50 verminder het.

Op die oomblik word 156 miljoen ton steenkool uit Queensland verskeep. Die planne is om dit teen 2020 sesvoudig te laat toeneem. Dit sal ‘n bykomende 1,8 miljard ton CO2 in die atmosfeer vrystel in ‘n tyd dat die vrystelling verminder moet word.

Gaseksplorarsie en –ontginning, en die beoogde aanlê van pypleidings hiervoor hou ook gevaar in.

Herman Toerien