Subscribe by Email

Australië kondig ‘n vroeë verkiesing aan

140116_003_Enlighten_Lighting_6_March_2014Australiërs sal op die tweede Julie na die stembus gaan na die langste verkiesingsveldtog in die land se geskiedenis. Eerste minister Malcolm Turnbull het die verkiesing vervroeg nadat die land se Hoërhuis telkemale wetgewing gestuit het. Turnbull het vandag die goewerneur-generaal, Peter Cosgrove, gevra om die parlement te ontbind. Die ekonomie, onderwys en gesondheid sal na verwagting die verkiesingsveldtog oorheers.