Subscribe by Email

Auschwitz-gevangene se juwele word gevind

gold-cuff-bracelet-ring_(2)_massive’n Goue ring en halssnoer wat in die vals bodem van ‘n beker versteek was uit vrees dat die Nazi’s dit sal buit, is op die terrein van die Auschwitz-konsentrasiekamp ontdek. Meer as 70 jaar nadat die kamp in die besette Pole tydens die Tweede Wêreldoorlog bevry is, het museumpersoneel by Auschwitz die juwele in ‘n geroeste emaljebeker ontdek. Die beker is een van duisende stukke kombuisware wat by die museum uitgestal word. Die halssnoer was saam met ‘n vrou se ring in ‘n stuk seil toegedraai.

One Response to Auschwitz-gevangene se juwele word gevind

  1. Jacoba du Toit

    Mei 22, 2016 at 10:21 am

    Ek is bly ek het die Koerant ‘ontdek’Sal beslis weet kuier.