Subscribe by Email

Asseblief geen ANC-hulp aan ZANU-PF met verkiesingsveldtog

“Ons doen ‘n dringende beroep op die ANC om homself te distansieer van verslae uit Zimbabwe waarin die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantshe aangehaal word as sou hy gesê het die ANC sal ZANU-PF help om die volgende verkiesing te wen.”

So sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“So ‘n daad om Mugabe te help sal te erg vir woorde wees., en Suid-Afrika se internasionale beeld ernstig skaad., aangesien dit wil voorkom asof die Suid-Afrikaanse regering ‘n skynbare voorliefde het om hul gewig by die wêreld se muishonde in te werp.

“Die land kan nie sulke negatiewe persepsies bekostig nie – nie in ‘n wêreld waar die ekonomieë ineengeweef en terselfdertyd hoogs mededingend is nie.

“Suid-Afrikaners met selfrespek sal hulle waarskynlik in ieder geval moet staal wanneer hul belastinggeld gebruik word om die wêreld se muishondgalery tydens die ANC se eeufeesvierings te paradeer.”