Subscribe by Email

As jou lentebolle nog nie in die grond is nie, moet jy nou spring!

Spring Bulbs spring bulbs1MET die somer wat einde se kant toe staan, is dit ’n goeie tyd om nuwe beddings te maak. Saai dit vol eenjariges wat in die winter blom, of verdeel en plant somerblommende meerjariges soos die immergewilde shastamadeliefie (Leucanthemum maximum).
As jou lentebolle nog nie in die grond is nie, moet jy nou spring. Dis nog nie te laat om freesias, anemone, hiasinte, Hollandse irisse, ranonkels, affodille en tulpe te plant as Maart te warm was nie.
Volgens mnr. Nick Stodel van Stodels-kwekerye moet die volgende tuintake vir April gedoen word:
. Maak ’n draai by jou kwekery vir bolle. Kies inheemse soorte soos ixias, freesias, fluweeltjies, tjienkerientjees, kalkoentjies en bobbejaantjies.
. Voed jou plante. Gee asaleas, kamelias, teebossies en rose ’n handvol 3:1:5 elk of kies organiese Wonder Rose. Gee jou grasperk nou bo-bemesting terwyl dit nog warm genoeg is dat die gras daardeur sal groei en die voedingstowwe kan opneem.
. Plant gras soos Shade Over en Evergreen in die skadukolle in jou tuin.
. Saai kool, blomkool en broccoli en voed met stikstofryke kunsmis. Tussenin plant jy skerpgegeurde kruie soos grasuie om plae soos die wit koolmot te keer.
. Plaas hopies slakgif op koel, klam plekke. Wissel handelsmerke af sodat die slakke nie immuun raak teen ’n bepaalde soort nie. – (www.tuis.co.za)