Subscribe by Email

Arnold Palmer sterf op 87

arnold-palmerDie Amerikaanse gholf-legende Arnold Palmer is op 87 oorlede. Hy het in ‘n hospitaal in Pennsylvania gesterf terwyl hy harttoetse ondergaan het. Palmer word beskryf as een van die beste spelers in die geskiedenis. Hy het altesaam neëntig toernooi gewen, insluitend sewe majors. Palmer, sy landgenoot Jack Nicklaus en Gary Player van Suid-Afrika is bekend as die Groot Drie wat die sport in die 1960’s gewild en kommersieel gemaak het.