Subscribe by Email

Appèlaansoek van Rusland se Paralimpiese Komitee word van die hand gewys

paraSwitserland se Federale Hof het die Russiese Paralimpiese Komitee se appèlaansoek van die hand gewys teen die Internasionale Paralimpiese Komitee se besluit om sy atlete te verbied om aan die Spele in Rio deel te neem. Die hof het bevind dat die Russiese komitee nie sy verpligtinge ten opsigte van teen-opkikkerreëls nagekom het nie. Die aansoek was Rusland se laaste uitweg nadat die internasionale liggaam hom van die Spele geskors het weens bevindings van staatsgesteunde opkikkergebruik en die Sport-arbitrasiehof die verbod bekragtig het. Die Spele begin Woensdag in die Brasiliaanse stad.