Subscribe by Email

Appèl teen saak oor spioenasiebande van die hand gewys

jacDie Noord-Gautengse hooggeregshof het ‘n aansoek om verlof tot appèl deur president Jacob Zuma en die nasionale vervolgingsgesag van die hand gewys. Die appèl is teen ‘n vroeëre hofbeslissing dat die president vervolg moet word op aanklagte van bedrog en korrupsie. Regter Aubrey Ledwaba het egter bygevoeg dat die aansoekers onder andere onbenullige en nie-verdienstelike faktore in berekening gebring het om hul saak te versterk. Die saak oor die sogenaamde spioenasiebande is deur die DA aanhangig gemaak en die hof is gevra om die besluit van 2009, naamlik om 783 aanklagte van bedrog, korrupsie en afpersing teen Zuma te laat vaar, te heroorweeg. Die hooggeregshof het in April die besluit van die voormalige waarnemende direkteur van openbare vervolging, Mokotedi Mpshe, om die aanklagte terug te trek, tersyde gestel.