Subscribe by Email

Antwerpers gebruik meeste kokaïne

Inwoners van Antwerpen gebruik meer kokaïne as die inwoners van stede soos Londen, Brussel en Parys.

Die gebruik van kokaïne is vasgestel deur spore daarvan in rioolwater van die stede op te spoor, en Antwerpen s’n lewer die meeste op.

Dit blyk uit ‘n omvattende ondersoek van die Universiteit van Antwerpen, en die bevindinge is vandag in die vaktydskrif, Science of the Total Envornment gepubliseer.

Uit die ondersoek blyk dit dat Antwerpen se kokaïnegebruik drie keer hoër is as in ander Europese stede. Die gemiddelde Europese gebruik is 700 mg per 1 000 inwoners. In Brussel is dit 500 mg, en in Antwerpen 1 950 mg per 1 000 inwoners.

Twee verklarings vir Antwerpen se hoë gebruik word genoem. Die eerste is dat Antwerpen as feesstad ontpop, en die ander is Antwerpen se rol as hawestad, en dat die hawe toenemend as sentrum vir kakaïnehandel genoem word.

 

 

Herman Toerien