Subscribe by Email

Antieke koring herleef

Noorweegse bierentoesiaste gebruik ‘n koring wat duisende jare in onbruik was na die mens dit die eerste keer sowat 10 000 gelede begin aanplant het, om die Vikings se bier te laat herleef.

Die graan, bekend as Einkorn, was in ‘n stadium wyd oor Europa versprei, maar het sowat 2 500 jaar gelde in onbruik verval toe koringtipes op die toneel verskyn het wat beter oeste opgelewer het.

Dié ou dop met ‘n skop word in ‘n ou skuur gebrou. Die Einkorn word in ooptes in die omgewing verbou.

Weens die hoë voedingswaarde en smaak van die Einkorn is daar nou ook ‘n oplewing van die gebruik daarvan onder fynproewers. Resepte word entoesiasties uitgedeel. Dit lyk ook of die gliadienproteïne van die Eikorn nie so toksies vir lyers van coeliakie  is soos dié van moderne koring nie.

Foto: Jørn Kragtorp (liks) and Manfred Heun by die gebroude einkornbier. (Foto: Asle Rønning)

 

 

Herman Toerien