Subscribe by Email

Anne Frank gedig opgeveil

Anne Frank (1929-1945).  (Photo by Jewish Chronicle/Heritage Images/Getty Images)

Anne Frank (1929-1945). (Photo deurJewish Chronicle/Heritage Images/Getty Images)

‘n Enigsoortige handgeskrewe gedig deur Anne Frank word vandag in Haarlem in Nederland opgeveil.

Frank, wat bekend is vir die dagboeke wat sy tydens die Tweede Wêreldoorlog gehou het, het die gedig in ‘n boek van ‘n vriendin van haar suster geskryf terwyl sy in Amsterdam gewoon het.

Sy het dit geskryf ‘n hele ruk voordat sy en haar gesin hulle vir Adolf Hitler se Nazi-soldate versteek het. Die afslaers verwag dat die gedig ‘n prys gelykstaande aan nagenoeg 650-duisend rand sal behaal.

Die afslaer, Thys Blankenvoort, sê die verwagte hoë prys kan toegeskryf word aan Frank se nalatenskap en die waarde van haar manuskripte wat in museums of groot versamelings opgeneem is. Volgens Blankenvoort sal hierdie waarskynlik die heel laaste geleentheid ooit wees vir ‘n versamelaar om sy hande op ‘n Frank-manuskrip te lê.