Subscribe by Email

Anglo sny 23 400 poste in 2009

BEELD

Johannesburg. – Anglo American het Vrydag gesê hy het in 2009 weens ’n grootskaalse herstruktureringsproses regdeur die maatskappy sowat 23 400 mense afgelê.

Die maatskappy het in Oktober 2009 ’n grootskaalse korporatiewe herstruktureringsproses aangekondig om die lewering van sy strategiese doelwitte te verseker.

“Ons het ’n meer gefokusde en doeltreffende bestuurstruktuur geskep en het die groep meer laat fokus op sy kern mynbedrywighede,” het me. Cynthia Carroll, uitvoerende hoof van Anglo American, gesê.

Deur die herontwerp van die groep se struktuur het hy sewe gefokusde hulpbronbesighede geskep met bestuurspanne wat in die area van die kern geografiese-fokus vir elke hulpbron geplaas is, wat verantwoordelik is vir die operasionele prestasie en projeklewerings.

“As die algehele herstrukturering en doeltreffendheids-inisiatiewe saamgevoeg word, kom dit neer op ’n besnoeiing van 23 400 poste gedurende 2009,” het sy gesê.

“Ons is nou goed geposisioneer om ons teiken van $2 miljard teen 2011 te haal, deur meer as $1,6 miljard tydens 2009 te genereer.

Gebaseer op ons uitstekende vooruitgang tot op datum, verwag ons nou om ons $2 miljard bate- en verkrygingsteikens van ons kernbesigheide in dieselfde tydperk te behaal,” het Carroll gesê. – I-Net Bridge

One Response to Anglo sny 23 400 poste in 2009

  1. Kuifie

    Maart 27, 2010 at 1:35 pm

    23 400 arbeiders ontslaan om dan $ 1,6 miljard te genereer is suiwer diefstal. Groot maatskappye se bestaansreg is nie enkel daar om van die land se skaarse gronstowwe skaamteloos ontslaan te raak en vir sy aandeelhouers groot wins te maak nie. Hulle het ook ‘n groot sosiaal maatskaplik en ekologiese funksie, maar dit wil hulle nie hoor nie. Hulle funksie moet draai rond duursame ontwikkeling, werkskepping wat hou, wins maak, en die herstel van ekologie en flora as dit deur die maatskappye beskadig is gewees. In ‘n land as Suid Afrika met sy 70% brandarm mense, het groot maatskappye wat net maar draai om suiwer wins te maak geen bstaansreg nie, sekers as hulle in die gemeenskap nie iets terug wil inploeg nie. Hulle is skaamtelose geldwolwe.