Subscribe by Email

Andy Murray en Milos Raonic pak mekaar in môre se Wimbledon-eindstryd

04s62millo1-486571Die tweede gekeurde Andy Murray van Skotland en die sesde gekeurde Milos Raonic van Kanada spook môre sake uit in Wimbledon se mans-eindstryd. Murray het die tiende gekeurde Tjeg Tomas Berdych in die halfeindronde in skoon stelle uitgeskakel terwyl Raonic vyf stelle nodig gehad het om die derde gekeurde Roger Federer van Switserland te klop. Murray het Wimbledon in 2013 gewen terwyl Raonic die eerste keer in ‘n grand slam-eindstryd sal speel.

Die vroue-eindstryd word vandag beslis tussen die eerste gekeurde en verdedigende kampioen, Serena Williams, en die vierde gekeurde Angelique Kerber van Duitsland. Williams hoop om die Duitser Steffi Graf se rekord van 22 grand slam-titels te ewenaar, terwyl Kerber hoop op haar tweede nadat sy Willialms in Januarie in die eindstryd van die Australiese Ope verslaan het. Williams en haar ouer suster, Venus, het ook die sesde keer deurgedring na die eindronde van die vroue-dubbelspel, wat hulle vyf keer tevore gewen het.