Subscribe by Email

ANC vra streng dissipline teen minister Zwane

150923Zwane1-jpgDie ANC het president Jacob Zuma gevra om op te tree teen die minister van Minerale Hulpbronne, Msebenzi Zwane, na sy aankondiging oor ‘n ondersoek na banke se verbreking van bande met ‘n Gupta-maatskappy. Zwane het gesê die kabinet het sy aanbeveling aanvaar dat ‘n geregtelike ondersoek ingestel word. Die Presidensie het hom egter van die aankondiging distansieer. ANC-woordvoerder Zizi Kodwa beskryf Zwane se aankondiging as roekeloos en sê dit verdien swaar straf en dissipline.