Subscribe by Email

ANC veroordeel die onderonsie tydens Rustenburg se stadsraadsvergadering

ANC-1Die ANC het die botsings veroordeel wat losgebars het tydens die eerste vergadering van Rustenburg se nuwe stadsraad en waarin een van sy lede aangerand is. Die Ekonomiese Vryheidsvegters, die Demokratiese Alliansie en ander kleiner partye het ooreengekom om saam te werk om die ANC te verhoed om die munisipaliteit te beheer, maar sommige kleiner partye het dit verbreek en dit het gelei tot die herverkiesing van die ANC-burgemeester, Mpho Khunou. Die party sê hy gaan die raad vra om strafregtelike klagtes te lê teen die skuldiges.