Subscribe by Email

ANC se Wes-Kaapse sekretaris word skuldig bevind aan aanranding

40c9fb3d81a143bda260231a277d7e5aDie ANC het sy Wes-Kaapse sekretaris, Faiez Jacobs, skuldig bevind aan die aanranding van ‘n gewese ANC-navorser, Wesley Sealethe, by die party se kantore verlede jaar. Die ANC se nasionale tugkomitee het Jacobs vir agtien maande geskors, maar die straf vir drie jaar opgeskort. Die voorsitter van die komitee, Derek Hanekom, sê daar is in ag geneem dat Jacobs jammer is oor die voorval en dat hy gerehabiliteer kan word.