Subscribe by Email

ANC se rassistiese onderrok hang verder uit

“As die ANC nie nou vir Julius Malema repudieer nie, moet hy openlik verklaar dat sy verklaarde beleid van nie-rassigheid onder die agterstewe geskop is,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) in reaksie op Malema se oproep dat swart mense meer babas moet verwek.

“Dit kom te midde van die ANC se steun aan Jimmy Manyi, wat in ‘n rasseherrie vasgevang is, en pogings om die arbeidswetgewing selfs meer rassisties-diskriminerend te maak.

“Al wat nog vir die ANC oorbly is om openlik te verklaar dat dit nou rassediskriminasie teen minderhede voorstaan, en die internasionale gevolge te dra. Die ANC het nou lank genoeg met ‘n gesplete tong oor rasse-aangeleenthede gepraat en lippediens aan nie-rassigheid bewys.

“Uit die mediaberigte oor Malema se jongste uitsprake kan nie afgelei woird of hy meen dat meer swart babas gebore moet word binne of buite die huwelik nie.

“Is daar nie ander prioriteite soos om die hoë mortaliteitsyfer onder babas – onder die hoogste ter wêreld – te verminder nie, om eers op werkskepping te fokus en om voedselsekuriteit te verseker nie? As Malema nie nou in die bek geruk word nie, is dit duidelik dat die ANC nie net sy morele kompas kwyt is nie, maar heeltemal koers verloor om ‘n beter Suid-Afrika te verseker vir almal wat daarin woon.”