Subscribe by Email

ANC se gevoelloosheid onbegrens

“Die ongevoeligheid en leedvermakerigheid van die ANC het blykbaar geen grense nie,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen Demokratiese Party (CDP) in reaksie op die nuus dat die Vrystaatse dorpie, Petrus Steyn se naam kort voor sy eeufeesvieringe verander is.

“Ons stel dit weer dat dit ‘n verbreking van die gees is waarin die nasionale vredesakkoord gesluit is, met munisipaliteite wat een naam het, en dorpe ‘n ander.

“Ons neem ook kennis daarvan dat die Bloemfonteinse lughawe, voorheen bekend as die JBM Lughawe nou die Bram Fischer Internasionale lughawe heet, ten spyte van ‘n ooreengekome beleid om lughawens nie na mense te vernoem nie. Weer eens het die ANC ‘n belofte in die tande geskop, maar daaraan het ons al begin gewoond raak.

“Ons vind dit walglik dat Bloemfontein se poort na die buitewêreld nou na ‘n kommunis uit die Stalin-era vernoem is.”