Subscribe by Email

ANC sê die media moet gereguleer word

Faith+MuthambiDie minister van kommunikasie, Faith Muthambi, sê Suid-Afrikaanse joernaliste is daarop uit om sonder genade oor die ANC-regering te berig. Sy het gister tydens haar begrotingstoespraak in die parlement gesê die media fokus daarop om die regering in die skande te bring selfs al is hulle feite nie altyd reg nie. Sy het bygevoeg dat sekere mediagroepe se belangrikste doelwit is om die regering uit te beeld as korrup en onbekwaam. Die ANC het vroeër gesê die media moet gereguleer word en kan nie toegelaat word om te doen wat hulle wil nie.