Subscribe by Email

ANC rassisties

“Dit is nou klokhelder dat hulle wat glo die ANC omarm ‘n beleid van nie-rassigheid, dat die ANC dit nou laat vaar het indien dit ooit hoegenaamd die party se beleid was. Deur sy gewig by Julius Malema in te werp het die ANC nou duidelik die weg betree waar ander bevolkingsgroepe maar beledig kan word en teen gediskrimineer kan word.”
So sê die leier van die Christen-Demokratiese Party in reaksie op die nuus dat Malema na Indiërs as ko*&ies verwys het.
“Dit geskied teen die agtergrond dat die ANC appèl aanteken teen die haatspraakverhoor teen Malema waarin die skiet van blankes aangehits word.
“Ten spyte van ondernemings dat die skrap van provinsiale rassekwotas nie die bruin mense in die Wes-Kaap en Indiërs in KwaZulu-Natal; sou benadeel nie, is dit nou onthul dat Korrektiewe Dienste in die Wes-Kaap presies dit doen deur nasionale rassekwotas in daardie provinsie in te stel.
“Twintig jaar gelede het die vorige regering, dikwels as die apartheidsregime uitgeskel, die laaste rassewetgewing uit die wetboek verwyder. Die afgelope 17 jaar het die ANC ‘n magdom rassewetgewing op die wetboek geplaas. So ‘n party kan hom MOS nie op nie-rassigheid beroep nie.”