Subscribe by Email

ANC rassisme word kakofoniese geraas – CDP

“Ons vind mnr, Trevor Manuel se Facebook-uitnodiging aan Suid-Afrikaners om ‘n mening oor nasiebou uit te spreek, pikant teen die agtergrond dat adjunk-president Kgalema Motlanthe pas in New York ‘n dik rooi streep daardeur getrek het,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Manuel en sy beplanningskommissie kan die beste voornemens in die wêreld hê, maar solank die regering ‘n rasgedrewe agenda het om van sommige burgers tweedeklasburgers te maak, is dit ‘n futiele oefening.

“Wanneer sal die ANC leer dat, om vir Jimmy Manyi en Julius Malema in die bresse te tree, die saak van nasiebou vernietig word? Die ANC moet keuses maak, en deur die rassemusiek wat so soet vir ‘n deel van sy gehoor klink te speel, klink dit maar soos ‘n kakofoniese geraas vir ander, met geen hoop om enige harmonieuse klanke voor te bring nie.”