Subscribe by Email

ANC ontken dat Zuma aangebied het om te bedank

1546228710Die ANC ontken berigte dat president Jacob Zuma aangebied het om te bedank na bewerings van onbehoorlike politieke inmengery deur die Gupta-familie. Die Mail & Guardian en Sowetan berig dat Zuma die naweek by ‘n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee aangebied het om te bedank en hulle haal bronne aan wat die beraad bygewoon het. Woordvoerder Zizi Kodwa het egter aan Reuters gesê dit het nie gebeur nie en die bewerings is vals. Die regerende party het Sondag in ‘n verklaring gesê hulle het volle vertroue in Zuma.