Subscribe by Email

ANC moet Rekonsilliasiebarometer deeglik bestudeer – CDP

“Op die jongste versoeningsbarometer wat pas vrygestel is, en waarin slegs 13 % van die respondente hulself as eerste Suid-Afrikaners uitgedruk het, teenoor 19 % wat hulself eerste volgens ras, en 19 % wat hulself eerste volgens etnisiteit uitdruk.

“In reaksie doen die CDP  ‘n beroep op die regering en die ANC om deeglik kennis van alle aspekte van hierdie  jongste opname te neem.”   So sê Ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).  

“Al die opnames dui daarop dat die land op dun ys loop oor rassepolarisasie, en dat dié faktor ook die hoë vlakke van konflik in die inkomstegaping, bekend as relatiewe deprivasie verdiep.”

 “Elke keer as die ANC onder druk verkeer, konsolideer hulle hul steun deur die rassekaart te speel. Dit is duidelik dat die rassekaart nou weer in die kwessie van die onsmaaklike skildery-insident gespeel word om vir die sukkelende president steun op te vorder.

“Dit is ook insiggewend dat die meeste respondente gevoel het dat die tipe lierdere wat Julius Malema gesing het, nie gesing behoort te word nie. Dié standpunt word deur effektief die helfte van die swart mense gedeel, en dit lyk of daar heelwat latente goeie gesindhede vir rekonsiliasie is, dit ten spyte van die ANC se pogings om dit te ondermyn.”