Subscribe by Email

ANC mis punt oor Malema – FW-stigting

Die FW de Klerk Stigting het kennis geneem van die besluit van die ANC se Nasionale Dissiplinêre Komitee om Julius Malema te skors vir die skending van versekeie bepalings van die ANC se grondwet.

Mnr Malema se skorsing behoort niemand te verras nie. Niemand in enige organisasie kan soveel magtige faksies op so ‘n neerhalende manier vir so lank vervreem sonder om ‘n prys te betaal nie.

Wat ookal Malema se toekoms mag wees, die aangeleenthede wat hy so aggressief aanspreek en die ondersteuningsbasis wat hy beweer hy verteenwoordig, sal nie verdwyn nie.

Een van die sentrale uitdagings wat die regering – en trouens alle Suid-Afrikaners – konfonteer sal wees om ‘n mate van hoop te herstel onder die miljoene jong Suid-Afrikaners wat Malema, na bewering, verteenwoordig. Ons nuwe gemeenskap het hulle aaklig in die steek gelaat; dit het die meeste van hulle opvoedkundig gestrem en 70% is werkloos.

Dit alles maak hulle vatbaar vir die populistiese beloftes van demagoge. Die oplossings wat Malema voorskryf is polities en ekonomies ongeletterd maar is oorweldigend aantreklik vir hierdie jong mense wat op die kinder-toelae van hul broers en sussies en die pensioene van hul oumas bly voortbestaan.

Die boodskap is ook fundamenteel rassisties: “Kyk na die wit mense, hoe hulle lewe. Hulle het al hierdie dinge van ons gesteel en ons moet dit terug vat. Ons moet die grond terug vat; ons moet die maatskappye op die Johannesburgse Aandeelbeurs terug vat; ons moet die myne nasionaliseer – en dit alles sonder vergoeding.”

Miskien is die mees ontstellende aspek van Malema se nederlaag die feit dat hy nie skuldig bevind is aan die opstoking van rasseverdeeldheid nie. Die aanklag het sy ontstaan in ‘n verklaring wat hy vroeer vanjaar tydens ‘n ANC vergadering in Galashewe, waar President Zuma teenwoordig was, gemaak het, toe hy gesê het dat wittes misdadigers is wat “ons grond” gesteel het; dat hulle soos misdadigers behandel moet word; en dat daar beslag op hul grond sonder vergoeding gelê moet word.

Hy is onskuldig bevind op die klag dat hy na aanleiding van sy verklaring rassisme opgestook het, omdat dit nie op “’n balans van waarskynlikhede” bewys is nie.

‘n Mens wonder watter aspek van Malema se verklaring by Galashewe dubbelsinnig was, en watter “waarskynlikhede” die ANC se NDK laat dink het dat hierdie nie blatante rassisme was nie? Wat was die NKD besig om te sê oor die ANC se verbintenis tot die beginsel van nie-rassisme en watter boodskap wou hulle aan wit Suid-Afrikaners stuur?