Subscribe by Email

ANC kry skuld vir boer se moord

Gisteroggend, is nog ‘n boer op ‘n plaas in Limpopo vermoor. Mnr. Jan Wheeler (65) is in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10 km buite Marble Hall vermoor waar hy as ’n bestuurder gewerk het. Hy is met ’n skerp voorwerp gesteek en verskeie kere geskiet.

Agri SA gee ANC-politici die skuld vir hierdie moord. Dr. Theo de Jager, visepresident van Agri SA, het gister gesê: “Die ANC kan nie vra vir moord op boere en dan omdraai en sê hulle het niks daarmee te doen nie.” Die moord kom drie dae nadat mnr. Julius Malema, president van die ANC-jeugliga, tydens ’n studentesaamtrek by die Universiteit van Johannesburg gesing het: “Skiet die Boere, hulle is verkragters.”

Me. Marie Helm, streekbestuurder van TLU SA-Noord, het gesê Malema het met die sing van die liedjie gewys hy en die ANC het geen respek vir lewe nie. “Hulle skep daardeur ’n klimaat vir volksmoord en dit is vir hulle aanvaarbaar.”

President Jacob Zuma het Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, verdedig in ‘n onderhoud waarin hy gesê het dat Malema “leierskapskwaliteite het en omgee vir die mense.”  “As ons Malema keer kan jy sê dat apartheid teruggekeer het,” het Zuma aan die Mail&Guardian gesê. ““Julius is nie ‘n probleem nie. Mense kan nie dieselfde styl hê nie. Daar is nie vir ons ‘n krisis nie.”

Me. Helen Zille, DA-leier, het gesê pres. Jacob Zuma se weiering om homself van die liedjie “Kill the Boers, they are rapists” te distansieer, suggereer dat hy sy “goedkeuring gee om mede-Suid-Afrikaners dood te maak”,

Wheeler is die vyfde mens wat binne drie weke op plase in Limpopo vermoor is.